WELCOME TO TUKS WRESTLING ACADEMY |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die 2012 NG Inligtingstuk sowel as 2012 Kalender is beskikbaar onder Tournament Documents.
TUKS JAAREINDFUNKSIE Was die jaar op 'n pretvolle manier afgesluit. Elke "biker of gangster" het erkenning ontvang vir sy/haar se hoogste prestasie behaal gedurende 2011.
Geluk aan die Labuschagnies as bes geklede gesin volgens tema.
TUKS JAAREINDFUNKSIE Datum: 19 November 2011 Venue: NG saal, Menlopark Tyd : 16h00 vir 16h30 RSVP: Voor 11 Nov by Martie TEMA: BIKERS EN GANGSTERS Drag: Informeel volgens tema Prys vir die bes geklede persoon/gesin! * Elke stoeier ontvang 'n trofee*
2011 Wêreld Meesterskampioenskappe Willem Putter wen sy derde goue medalje tydens die Wêreld Meesterskampioenskappe in Tirana, Albania.
Willem Putter (links) ontvang sy goud. Willem Putter (rooi) in aksie. Ester van Dyk
Na ietwat van ‘n tekort aan goue medaljes verlede jaar het die Tuks Stoei Akademie dié jaar besluit om ‘n blaadjie uit die boek van die Amerikaanse President te neem. Met ‘n “yes, we can” aanslag het hulle weggestap met nie minder nie as 22 medaljes in die geheel, waarvan tien (10) goud, ses (6) silver en ses (6) brons was. Twee van die goue medaljes was ook gewen deur twee van ons stoeiers van die skoner geslag, Zumicke Geringe en Nikki Kriel. Tuks Stoei Akademie het 45 ingekrewe stoeiers gehad wat Noord-Gauteng Provinsie by die 2011 Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verteenwoordig het - die meeste van al die Noord-Gauteng klubs! Dit het in die Wembly Arena in Johannesburg plaasgevind van 6 – 8 Oktober 2011. Daar is in meer as 30 kategorieë meegeding om aangewys te word as die Suid Afrikaanse Vrystyl kampioen - asook vir die silver en brons medaljes - nie eens te praat van persoonlike oorwinnings nie. Noord-Gauteng het baie goed gevaar en die volgende trofees verower: Vrystyl Algeheel; Kadet Mans; SA Jeug 0/15; SA Jeug 0/13; SA Jeug 0/10; SA Jeug 0/9.
Goud Silver Brons 4e Wernich van Dyk Arnold v Nieuwkoop Leon Myburgh Arno v Zijl Zandre Labuschagne Ulrich Mouton Berno vd Westhuizen AJ Kriel Raynard de Wet Alex Stenos Alex Bornman Ulrich Benadie Josua Botha Marnus Linde Ockie Pienaar Martin Els Dylan Marais Ruan Botha Jacques Grobler Ruben Smit Xander Coetzee Zumicke Geringer Zulu Shongwe Ruann Kruger Nikkie Kriel Zumicke Geringer Elandre Beukes Etienne van Huysteen Tuks Akademie is baie trots op al sy stoeiers wat hulle so goed van hulle taak gekwyt het. Al is nie almal met ‘n medalje beloon nie, het ieder en ‘n elk sy beste gelewer. Volgende jaar gaan die aanslag wees: “yes, we can do better”. Laastens, wil Tuks almal bedank vir hul volgehoue ondersteuning deur die jaar. Aan die ouers: Dankie dat die kinders betyds en gereeld by die oefening opgedaag het en dat julle ook jul deel gedoen het om hulle te motiveer. Vir die afrigters en beamptes en ander wat ondersteunende rolle gespeel het, ons weet julle verdien almal trippel goud vir julle opoffering. Dit is nie individue wat ons klub so spesiaal maak nie, maar die bydrae en gesindheid van almal betrokke. Aan al die stoeiers: Ons is geweldig trots op julle. Jul het jul beste gelewer – nie net tydens die kampioenskappe nie, maar ook regdeur die jaar. Met so ‘n positiewe span kan mens ver kom. Onthou – stoei is ‘n sportsoort wat die kind in sy geheel opbou. Ons wil in 2012 voortbou op ons puik prestasie en hoop dat almal weer volgende jaar sal deelneem. SA STREEK KAMPIOENSKAPPE - 24 SEPTEMBER 2011 Tuks jeug stoeiers het fantasties presteer met 29 stoeiers wat gekwalifiseer het om aan die SA Nasionale Kampioenskappe 6 & 7 Oktober deel te neem! Tuks verower 10 goud, 6 silver en 6 brons! Padkaart na Wembley saal onder Tournament Info verkrygbaar. 2011 SENIOR WORLD CHAMPIONSHIPS - WRESTLING The senior World Championship took place in Istanbul (Turkey) from 12 to18 September 2011. 900 Competitors representing 104 Nations travelled to
South African Wrestlers that will take part in this tournament is: Hughes Bella-Lufu - Greco-Roman 96kg (competition day - Monday 12 Sep) Etienne van Huyssteen 96kg. – (competition day - Saturday 17 Sep) Heinrich Barnes – Freestyle 66kg – (competition day - Sunday 18 Sep) Richard Addinall – Freestyle 74kg – (competition day - Sunday 18 Sep) Results Ettienne VAN HUYSSTEEN, 96 kg was placed 19th of 41. Ettienne won his first round against Takao Isokawa from Japan, but lost in the second round against Sinivie Boltic from Nigeria who ended 5th. Heinrich BARNES, 66 kg who was placed 40th of 46. Unfortunately Heinrich lost to Livan Lopez Ascuy from
Richard ADDINALL, 74 kg was placed 29th of 45. He lost his first round to Crepaz Phillipp van Austria. Lufu HUGUES Bella, GR 96 kg was placed 29th of 44. He lost in the first round to David VALA from Czech Republcik, who was ten beaten by Arther Alesnyan from Armenia. Lufu HUGUES Bella Unfortunately he lost his match against David VALA of the Czech Republic who earned an 8th place on the 2006 World Championships and ended 5th at the 2011 European championships. A few pictures of the Greco-Roman and Freestyle matches can be seen under our Photo gallery. The FILA Extraordinary Congress also took place the day before the Championship and voted important amendments to the FILA Constitution as well as to the Regulations for the international transfer of wrestlers. The president of the South African Wrestling Federation, Willem Putter, attended this congress. Noord-Gauteng Kampioenskappe Tuks verower 39 medaljes - baie geluk aan ons stoeiers. GOUD SILVER BRONS 4e PLEK VAN DYK WERNICH DU TOIT DANIEL DE WET DIAN MEYER REYNHARDT LABUSCHAGNE ZANDRE MYBURG LEON SMIT RUBEN V HENGEL REGARDT COETZEE XANDER VAN ZIJL ARNO GROBLER STORME SMIT WIAN LINDE MARNUS V NIEUWKOOP ARNOLD STENOS ALEXANDER GROBLER MARTHINUS JANSE V RENSBURG TJ MOUTON ULRICH KRUGER RUAN BENADIE ULRICH LOUW WILLIE DE WET RAYNARD LE ROUX STEPHAN PIENAAR OCKERT BOTHA RUAN KRIEL AJ BORNMAN ALEX LE ROUX GABRIEL V/D WESTHUIZEN BERNO STEENKAMP WERNER BOTHA JOSUA LE ROUX DETLEFS GROBLER JACQUES MARAIS FREDYLON KAPP MARCO BEUKES ELANDRE KOTZE ERNST LINDE HENRY GROBLER JACQUES BORNMAN ALEX KOTZE ERNST SHONGWE ZULU MEYER GERALD KRIEL MARJOANE Geluk aan ons 11 Tuks stoeiers wat Noord-Gauteng kleure verwerf het! Die eerste 4 plekke kwalifiseer om deel te neem by SA Streek Kampioenskappe 24 September by die NG saal. Tuks oefenkamp vroeër vanjaar. Cobus Coetzee 4 Augustus 1989 tot 8 Julie 2011 Cobus begin in 1997 stoei as 22kg agtjarige in Louis Trichardt. Na 3 maande se stoeiafrigting kwalifiseer hy om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te gaan neem. Vir die daarop volgende 2 jare bevorder hy sy stoeiloopbaan in Louis Trichardt en verwerf hy dan ook Provinsiale kleure vir
Cobus het aan verskeie Noord
In 2007 matrikuleer hy aan Hoërskool John Vorster. Cobus begin studeer aan die Universiteit van Pretoria en sluit toe aan by Tuks stoei Akademie. Hier onderskei hy hom as stoeier, afrigter en as bestuurslid. In 2009 verwerf hy sy Junior Protea kleure. Cobus verteenwoordig Suid-Afrika in 2009 tydens die Afrika Junior Kampioenskappe in Algerië. In dieselfde jaar verteenwoordig hy Suid Afrika by die Statebond Kampioenskappe in Indië. Cobus het sy Christenskap prakties gedemonstreer tydens die afrigting van jong stoeiers van Tuks Stoei Akademie. Altyd op sy pos en bereid om te help - soos sy studies hom toegelaat het. Cobus was op sy stil manier ’n doener en ‘n staatmaker. Cobus sal onthou word as ‘n toegewyde sportman wat sy sport talent wat hy van die Vader ontvang het, ten volle uitgeleef het. Hy laat ‘n groot leemte. Berig oor Heinrich in Tshwane Beeld 15 Junie Stoeier slyp sy sport in VSA Wil volgende jaar na Olimpiese Spele Carla Venter 15 Junie 2011 In net ses minute – drie rondes van twee minute elk – moet hy sy stempel afdruk. En dit is presies wat dié Pretoriase stoeier op die Afrika-kampioenskap gedoen het wat onlangs in
Heinrich Barnes (24) het sy opponente ore aangesit en ’n goue medalje in sy gewigsafdeling (onder 66 kg) verower. “As ek op die mat stap, konsentreer ek sodat ek die eerste punt wen,” vertel hy. “Ek kyk vir my opponent en besluit hoe ek beheer van die geveg gaan neem.” Barnes stoei al vandat hy ses jaar oud is en hy bring die meeste van sy tyd in Amerika deur om sy stoeitegnieke te vervolmaak. “Ek het verlede jaar nog vir die Universiteit van Oregon gestoei. “Ek stoei nou vir die Carcallis Oregon-klubspan. Die Amerikaners is van die beste stoeiers ter wêreld en die blootstelling daar is uitstekend,” sê hy. Barnes stoei ook vir die Tuks-stoeiklub in
Volgens Barnes vat hy elke toernooi soos dit kom, maar hy werk baie hard om Suid-Afrika volgende jaar op die Olimpiese Spele in Londen te
Sy geheim om sy teenstander te uitoorlê? “Ek warm presies dieselfde op voor elke geveg en ek word stil en bid. Ek gee my afrigter ’n high five as ek op die mat stap en dan doen ek net my ding.” Hy verteenwoordig Suid-Afrika einde volgende maand op ’n toernooi in Spanje en vertrek weer eersdaags na Amerika. Heinrich Barnes in aksie teen Mitch Muller van Iowa, Amerika. Barnes sê sy mikpunt is om altyd die eerste punt in ’n geveg aan te teken.
STOEI SUID-AFRIKA HET DIE TOP 60 STOEIERS IN DIE LAND ONLANGS BEKEND GEMAAK ! TUKS BEKLEë 3 VAN DIE TOP 5 (60%) EN 8 VAN DIE TOP 40 (20%). 7 - 9 MEI 2011, KROONSTAD TOER TUKS WEN DIE MARTIN KRUGER OPE EN HET DIE TROFEE EN PRYSGELD HUISTOE GEBRING! BAIE GELUK AAN AL ONS DEELNEMERS - ONS IS TROTS OP JULLE!
Tuks Challenge - die grootste stoeikampioenskappe in 12 jaar Cobus Coetzee Die jaarlikse Tuks Challenge het op die 26ste Februarie vanjaar in die Rembrandtsaal op LC de Villiers sportgronde plaasgevind, en met ‘n totaal van 725 inskrywings (teenoor 517 laasjaar), was dit die grootste ope in Suid Afrika in die afgelope 12 jaar. Tuks Stoei Akademie het ten spyte van baie strawwe kompetisie van onder andere Centurion Stoei Gimnasium, naelskraaps in die tweede plek geïndig en spog met 29 goue, 16 silwer en 20 brons medaljes. Die kompetisie is deur Centurion gewen, met 229 punte teenoor Tuks se 213. Volgens Dr Willem Putter, president van die Suid Afrikaanse Stoeifederasie, was die toernooi ‘n reuse sukses. “Die toernooi het vlot verloop daar is meer as ‘n 1000 wedstryde gestoei sonder enige ernstige probleme.” Hy glo ook dat stoei in Suid Afrika besig is om positief te groei. Willem Putter stoei nog aktief, en is tans 2de op die wêreldranglys. Stoei moet nie verwar word met WWE nie, dit is ‘n professionele sport wat met duidelike reëls uiteengesit word, en is boonop ‘n Olimpiese sport ook. Dit is ‘n baie tegniese en fisieke sport, en leer kinders dissipline en konsentrasie, terwyl dit ter selfde tyd hul liggame ontwikkel.
“Tuks het by verre die meeste internasionale stoeiers”, en sluit 2008 Olimpiese deelnemer Heinrich Barnes in, sê Bennie Labuschagne, Tuks se hoofarigter. Heinrich oefen tans in Amerika. Vier van Suid Afrika se 33 medaljes by laasjaar se Statebond Spele in Indië is deur stoeiers bekom, ‘n feit waarop die land trots
Tuks se seniors oefen op Dinsdae en Donderdae om 19:15.
Gerald Meyer (Blou-Tuks) is hier in aksie teen Sloane Goosen (Rooi-Centurion) in die 0/84kg Senior kategorie. |









