At Tuks Wrestling Academy we have 150 wrestlers ranging from age 4 to 40 and beyond. We are a proud member of TUKS Sport.
New kids are very welcome.
If you have a child of 4 - 8 years bring him to the club on a Tuesday or Thursday evening at 6 pm to watch. Club based in Serene Str - Garsfontein.
See map for directions in our Gallery section.
Club members for on-line Tournament Registrations - Click here
JOHNNY REITZ BIG 5 UITSLAE - Click here
Latest news: 2 Sep 2010
Baie geluk aan Henry en Shongwe (Zulu) wat stoeier van die week is.
Knap gedaan.
Baie voorspoed en sterkte aan Etienne, Gerald en Heinrich wat tans op ‘n oefenkamp in Hungary is en eersdaags Rusland toe vertrek vir die Wereld kampioenskappe.
Ons hou duime vas.
Baie dankie aan al ons ampsdraers wat Saterdag by Unicor opgetree het.
Ons waardeer dit.
NOORD-GAUTENG JEUG, JUNIOR EN SENIOR KAMPIOENSKAPPE
VRYSTYL EN DAMES
VENUE: Noord Gauteng Stoeisaal, Menlopark, Pretoria.
DATUM: 4 September 2010
SLUITINGSDATUM: 31 Augustus 2010
INSKRYWINGSGELDE: R180
TOETSWEEG: 07h00 – 07h30
INWEEG: 07h00 - 08h00
Daar is net 'n onder-8 afdeling by die jonger stoeiers. Onder-7’s wat wil deelneem moet in onder-8 inskryf. Geen onder-6 stoeiers mag deelneem nie.
Stoeiers hoef nie in dieselfde gewig op NG deel te neem as wat hulle by streek gaan stoei nie.
Volledige inligting onder Tournament Info
LATEST NEWS (24 AUGUST 2010)
TUKS WEN DIE NICO VISSER TROFEE ! ! !

Baie dankie aan al die stoeiers wat Sat aan die Nico Visser deelgeneem het. Ons het die trofee oortuigend gewen. Ons is baie trots op ons nuwelinge, wat met goud en silver weggeloop het – en dit in hulle eerste toernooi waaraan hulle deelgeneem het. Baie geluk - hou so aan.
Ook geluk aan AJ Kriel wat as stoeier van die week aangewys is.
TUKS SPOG MET 19 GOUD, 7 SILVER EN 3 BRONS MEDALJES!
Nog fotos onder Gallery!
Onthou die eksta oefeninge vind plaas Woensdae-aande in die NG saal van 18h00 tot 19h00 vir die stoeiers wat voorberei vir die NG- en SA kampioenskappe. Dit sal elke Woensdag plaasvind tot en met 22 September. Moontlik ook die 29ste – maar hierdie datum sal later bevestig word.
Alle ampsdraers gee asb julle name so gou as moontlik deur, as julle by die komende toernooie kan optree. Van ons beamptes is tans oorsee so dit gaan baie moeilik gaan om voldoende beamptes bymekaar te skraap.
Geluk aan die volgende stoeiers wat vir die SA span gekies is
om aan die Statebond Spele in Indie deel te neem.
Daar is hierdie jaar ‘n rekord aantal stoeiers gekies nl. 13 en 4 kom uit Tuks.
Baie geluk Heinrich, Gerald, Etienne en Zumicke.
Ons is trots op julle.
TUKS RULES / TUKS DOMINEER NOG SENIOR STOEI
Dit het goed gegaan met die span in Spanje
Baie geluk aan Heinrich, Gerald en Zumicke met die enigste 3 medaljes en almal uit Tuks.
Hoe sê ons nouweer….. TUKS TUKS OF NIKS!
WAT IS OP DIE WEBTUISTE?
Op die webtuiste wil ons fokus op inligting van belang vir lede van die Klub. Inligting sal insluit vorms, nuus, gebeure, reisreëlings, padaanwysings en natuurlik foto’s.
Sodra ons die webtuiste ten volle aan die gang het sal ons foto’s plaas van die belangrikste persone in die Klub – die stoeiers self ! En later - miskien ook van die Bestuurspan.
Ester van Dyk
Tuks Challenge 2010 results - Click here