| Wrestler of the Week
Baie geluk Armand van Zijl wat stoeier van die week was, nadat hy met sy klein lyfie die aanslag van oor die 200 bulletjies tydens Menlopark Beginners toernooi oorleef het en baie mooi gestoei het ! ![]() Baie Geluk aan Willie Louw wat as stoeier v d week aangewys is na die Streek kampioenskappe. ![]() Geluk aan Josua Botha met sy mooi goud en NG kleure verwerf op die NG kampioenskappe. ![]() Baie geluk aan TJ wat as stoeier van die week aangewys is na die Unicor Ope. Hy spog weer met ‘n goue en silver medalje. Knap gedaan. ![]() Geluk aan Neels de Jager wat al kreunende en steunende met sy goue medalje bygedra het tot ons verowering van die Reitz Gedenktoernooi se senior trofee! ![]() Geluk aan Jaromir wat as stoeier van die week aangewys is met ’n goud en silver tydens CSG (Alibec) toernooi. FOTO
Geluk aan SP Schutte – hy het tons naam hoog gehou by die onlangse NG Bulletjie toernooi. FOTO Geluk aan Reynhardt Meyer wat as stoeier van die week aangewys is na die Big 5 toernooi.
Baie geluk aan Jaco en Christiaan le Roux wat as stoeiers van die week aangewys is na die Nico Visser toernooi. Dit is nie regverdig dat jul twee teen mekaar moes uitstoei vir goud en silver nie. G'n moederhart kan dit hou nie. 3 opdraande rondtes, times two. Knap gedaan Jaco en Christiaan!! Geluk aan Hunter Ansell wat ons stoeiers van die week was na sy deelname aan die NG Bulletjie toernooi. ![]() Requir van der Merwe - SA Presidente. Wat sy finaal gestoei het en gelyk het of hy ‘n sinus operasie gehad het soos hulle sy neus toegeplak het en nie kon asem kry in sy titaniese stryd teen sy Brakpan opponent. Mooi gestoei! ![]() Elandre Beukes - SA Presidente. Wat deur 18 opponente moes stoei vir sy goud. Hul was die grootste groep stoeiers en sy opponent in die finaal was heelwat ouer. Elandre het hom koelkop gewys wie neem die goud huis toe! ![]() Xander Coetzee: Winterope. Xander het in ‘n bitter koue saal vir 2 goue medaljes gesorg. Pragtig Xander. ![]() Joshua Kotze: Big Sam toernooi Het baie mooi gestoei tydens hierdie Beginnerstoernooi. ![]() Wernich v Dyk: Mpumalanga Ope. 2 Medaljes en boonop met ‘n rondomtalie stoei ingewerk moes hy ‘n hele klompie wedstryde in die koue deurwerk tot die laaste wedstryd van die dag. ![]() Zandre Labuschagne: Sarel Bester, Oos Gauteng. Hy het deur 12 teenstanders, ingeluit ons eie Tuks stoeier, gestoei om goud te verower. Mooi so. ![]() Ruann Kruger: NG Presidente. Baie Geluk ![]() Basjan Harmse: Alberton Challenge. Knap gedaan ![]() Nikki Kriel: Martin Kruger Ope, Noord-Vrystaat. Wat as ons enigste dames stoeiertjie al haar wedstryde gewen het en met goud weggestap het. Mooi so Nikkie. ![]() Ulrich Benadie - OP Ope, Uitenhage. Wat ons naam hoog gehou het by die ope en 2 goues huistoe gebring het! Asook stoksiel alleen saam met Pa as afrigter aan die optog deelgeneem het. ![]() Alex Bornman: Rudi van der Merwe Ope ![]() Zulu Shongwe: SA Greco Roman Kampioenskappe. Goud gewen met 'n paar 5 en 3 punt aksies. Alex Stenos: Menlopark Ope. Hy het sy staal gewys het by die Frank Joubert Ope. ![]() Ulrich Mouton: Menlopark Ope. Het ook sy stoeier van die week titel hier verdien. ![]() Marnus Linde: Limpopo Ope, Pietersburg. Wat vir 2 medaljes gesorg het. Mooi Marnus. ![]() Arno van Zijl: Noord-Wes Ope, Bothaville. Hulle was 9 in die gewig en hy het met ‘n baie mooi stoei die goue medalje verower. ![]() Dylan Marais - Tuks Challenge. Na 'n klomp moordende wedstryde het hy met 2 goue medaljes gespog! |




















