| Tuks Challenge 2011
Tuks Challenge grootste stoeikampioenskappe in 12 jaar Cobus Coetzee
Die jaarlikse Tuks Challenge het op die 26ste Februarie vanjaar in die Rembrandtsaal op LC de Villiers sportgronde plaasgevind, en met ‘n totaal van 725 inskrywings (teenoor 517 laasjaar), was dit die grootste ope in Suid Afrika in die afgelope 12 jaar.
Tuks Stoei Akademie het ten spyte van baie strawwe kompetisie van onder andere Centurion Stoei Gimnasium, naelskraaps in die tweede plek geïndig, en spog met 29 goue, 16 silwer en 20 brons medaljes. Die kompetisie is deur Centurion gewen, met 229 punte teenoor Tuks se 213.
Volgens Dr Willem Putter, president van die Suid Afrikaanse Stoeifederasie, was die toernooi ‘n reuse sukses. “Die toernooi het vlot verloop daar is meer as ‘n 1000 wedstryde gestoei sonder enige ernstige probleme.” Hy glo ook dat stoei in Suid Afrika besig is om positief te groei. Willem Putter stoei nog aktief, en is tans 2de op die wêreldranglys.
Stoei moet nie verwar word met WWE nie, dit is ‘n professionele sport wat met duidelike reëls uiteengesit word, en is boonop ‘n Olimpiese sport ook. Dit is ‘n baie tegniese en fisieke sport, en leer kinders dissipline en konsentrasie, terwyl dit ter selfde tyd hul liggame ontwikkel.
“Tuks het by verre die meeste internasionale stoeiers”, en sluit 2008 Olimpiese deelnemer Heinrich Barnes in, sê Bennie Labuschagne, Tuks se hoofarigter. Heinrich oefen tans in Amerika.
Vier van Suid Afrika se 33 medaljes by laasjaar se Statebond Spele in Indië is deur stoeiers bekom, ‘n feit waarop die land trots
Tuks se seniors oefen op Dinsdae en Donderdae om 19:15. Vir meer inligting, kontak Martie Savrda by 082 512 1526
Gerald Meyer (Blou-Tuks) is hier in aksie teen Sloane Goosen (Rooi-Centurion) in die 0/84kg Senior kategorie. |