Bookmark and Share
Hall of Fame

Heinrich Barnes of South Africa poses with his silver medal after his men's 66kg freestyle gold medal wrestling against Sushil Kumar of India at IG Sports Complex during day seven of the Delhi 2010 Commonwealth Games on October 10, 2010 in Delhi, India.

Heinrich Barnes se prestasies sedert 2008.

2008 was ‘n hoogtepunt vir Heinrich toe hy gekies is as Suid-Afrika se enigste stoeier om deel te neem aan die Olimpiese Spele in Beijing. Kwalifisering vir deelname word bepaal deur prestasies op die voorafgaande Węreldkampioenskappe, of ander moet jy jou pad deur moeilike FILA kwalifiseringstoernooie veg.

Heinrich se vorige prestasies, insluitende sy ses agtereenvolgende Afrika-titels het hom die aangewese stoeier gemaak om Suid-Afrika op Olimpiese vlak te verteenwoordig. TuksStoei het besluit om hoofafrigter Bennie Labuschagne na Beijing te stuur om Heinrich by te staan. Bennie wat self in 1992 aan die Olimpiese Spele in Barcelona deelgeneem het was Heinrich se afrigter sedert sy vroee dae in stoei in Suid-Afrika vanaf 1992

Op die Spele het Heinrich in die eerste rondte Buyanjavyn Batzorig van Mongolië wat uiteindelik agtste geplaas is. Weens die FILA lotingstelsel kon Heinrich nie ‘n tweede wedstryd stoei nie maar op grond van sy eerste rondte resultaat is hy 19de geplaas. Nie sleg vir ‘n 21-jarige stoeier wat maar aan die begin van sy internasionale loopbaan staan nie.

Na die Spele is Heinrich terug na Oregon State Universiteit in Amerika vir sy laaste seisoen in die Collegiate kompetisie.  College sport is groot nuus in Amerika met stoei wat naas basketball, baseball en Amerikaanse voetbal as een van die belangrikste aktiwiteite beskou word.

College stoei is besonder kompeterend met deelnemende universiteite wat in vyf verskillende kategoriee of “divisions” verdeel word – bekend as NCAA Divisions. Die top 80 universiteite waar gestoei word staan bekend as Division 1. Gedurende die seisoen stoei hierdie universiteite teen mekaar op ‘n ligabasis en aan die einde word slegs 24 stoeiers per gewig genooi na die NCAA1 championships.

Oregon State is ‘n Top-20 universiteit in die liga maar slegs drie van sy stoeiers – insluitende Heinrich het gekwalifiseer vir die 2009 NCAA 1 finale. Op hierdie toernooi word die agt beste stoeiers in elke gewig op ‘n ranglys geplaas om te verseker dat hulle nie teenmekaar te staan kom in die vroee rondtes nie. Hoewel hy nie ‘n ranking gehad het nie, het Heinrich sy pad oopgestoei na ‘n 8ste plek in sy gewig, die enigste ongekeurde stoeier op die toernooi wat dit kon regkry.

Saam met hierdie prestasie het hy “All-American” status verdien, ‘n toekenning wat net aan sowat 50 uit ‘n geraamde 6 000 College stoeiers in Amerika gemaak word.

Aan die einde van sy College loopbaan kon Heinrich hom nou vir die eerste keer voltyds toewy aan Olimpiese Vrystyl stoei. Weens sy verbintenisse met Oregon State moes hy vir die vorige vier jaar sy aandag verdeel tussen twee style van stoei – wat mekaar op sekere plekke aanvul, maar dikwels ook groot aanpassings verg om tussen style te beweeg.

Sy nuwe benadering was gou sigbaar met ‘n uitstekende vertonings op die Canada Cup, die Dave Schultz Memorial en die New York Athletic Club toernooi waar hy brons medaljes gewen het teen sterk internasionale kompetisie.

Op die 2010 FILA Węreldkampioenskappe in Moskou het hy vir ‘n groot opskudding gesorg met ‘n 7e plek uit 35 deelnemers – die beste prestasie nog van ‘n Suid-Afrikaanse stoeier  sedert die land se terugkeer na internasionale stoei in 1992. Dit het ingesluit oorwinnings oor die gewese Asiatiese  Junior kampioen, Ramazan Kambarov van Turkmenistan en die Boelgaarse kampioen Ismail Redzhep.

Aan die einde van die jaar het hy Suid-Afrika verteenwoordig op die Statebondspele in Delhi, Indië, waar hy uit 14 deelnemers slegs in die finaal die knie moes buig voor die huidige Węreldkampioen, Sushil Kumar en ontvang ‘n silver medalje. Hy behaal oorwinnings oor: Gilbert EMILIE of Mauritius, Chris PRICKETT of Canada en Philip ROBERTS of England

 

Heinrich is tans terug in Amerika waar hy in Oregon en die Olympic Centre in Colorado voorberei vir die res van sy internasionale loopbaan, en veral die 2012 Olimpiese Spele in London. Op 24-jarige ouderdom is hy nog redelik jonk in internasionale stoei en as hy beseringsvry bly kan mens verwag dat hy nog minstens tot 2016 hoogs kompeterend aan internasionale kompetisies kan deelneem.

Heinrich is as 2010 & 2011 se beste senior stoeier van die jaar benoem deur Noord-Gauteng Stoei Unie, sowel as Tuks Stoei Akademie